[Dsp_help] Python ekwivalent van #include

Johan Cronje dsp_help@dsp.sun.ac.za
Mon Sep 27 11:34:01 2004


Een vir die python en scons guru's:

Eerstens, konseptueel: Ek wil 'n paar 'custom' toetse skryf vir scons,
soos bv om te check of omniidl en xsltproc installed is. Het ook 'n paar
header files en libs om voor te check.

Nou het ek gedink, sou dit nie meer elegant wees om daardie toetse in
aparte lÍers te sit en dan te "include" in my hoof SConstruct lÍer nie?
Dit sou dit bv maklik maak om dan, indien 'n sekere komponent nie meer
gebruik word nie, sy checks uit te haal. Miskien kan ek al die toetse in
een lÍer sit? Laat my asb weet wat julle gevoel is hieroor.

Nou, die eintlike vraag: is die 'import' keyword die ekwivalent van C++
se '#include', maw, slap dit (in effek) net die kode in daardie lÍer by
jou eie python kode? Of is daar iets anders? Squish, bv, het 'n eie
gedefiniŽerde keyword genaamd 'source (filename)' wat ek aflei 'n
direkte ekwivalent is van '#include'.

Ook, is daar 'n meer elegante manier om vir 'n exe te soek as bloot die
volgende:

if os.path.exists('/path/to/filename')

Ek vra maar, want hierdie oplossing is glad nie platform-onafhanklik
nie, en vra basies dat jy eers moet vasstel (via platform module) op
watter platform jy besig is.

Dankie
Johan

-- 
"There is beauty in simplicity"		-- Johan Cronje
---------------------------------------------------------------
Johan Cronje
Digital Signal Processing / Telecommunications Group
Electrical and Electronic Engineering Department
University of Stellenbosch
http://www.dsp.sun.ac.za/~jcronje
---------------------------------------------------------------
GNUPG Key: http://www.dsp.sun.ac.za/~jcronje/jcronje.asc